Capo 4(Key: B)
[Verse 1]
G D C
O, spitsverkeer is soos swem in konfyt
G D C
Jy sit net daar en mors jou tyd
G D C
Alles raak vinnig en meer effektief
G D C G
Nou hoekom behandel die paaie my stief?
[Verse 2]
G D C
Die BMW langs my bestuur soos sy gat
G D C
Sy flikkers werk mos nie en dit maak my sat
G D C
Die tannie hier voor my sit lipstiffie aan
G D C G
Ag Mevrou, kom tog net uit die vinnige baan!
[Chorus]
G
O, verkeer, o, verkeer,
C
jy’s een letter van verkeerd!
D
Want die moegoe in die wit
G
Hilux wag dan nie sy beurt
G
O, verkeer, o, verkeer,
C
jy sou my dryf na moord
D
Maar hier sit ek nou maar
G
en ploeter stadig voort
[Verse 3]
G D C
Ek sien die kantoor maar hy kom niks nader
G D C
Gee my tog geduld, o Hemelse Vader
G D C
Die mense op RSG irriteer my
G D C D G
Kan ek nie maar eerder by die huis bly
[Chorus]
G
O, verkeer, o, verkeer,
C
jy’s een letter van verkeerd!
D
Want die moegoe in die wit
G
Hilux wag dan nie sy beurt
G
O, verkeer, o, verkeer,
C
jy sou my dryf na moord
D
Maar hier sit ek nou maar
G
en ploeter stadig voort
[Bridge]
G
O spitsverkeer, o spitsverkeer
D G
Hoe aaklig is jou weë
G
O spitsverkeer, o spitsverkeer
D G
Jy maak my reëls oortree
G C
Ek sal eerder skottelgoed was
D G
Of Jacob Zuma by my huis vergas
G
O spitsverkeer, o spitsverkeer
D G
Ek geniet jou nie terdeë
[Verse 4]
G D C
Ek trek toe maar na die platteland
G D C
Die strate se stilte is werklik briljant
G D C
Maar soms moet ek nog na die stad toe gaan
G D C G
Dan wens ek die taxis vlieg reg na die maan
[Chorus]
G
O, verkeer, o, verkeer,
C
jy’s een letter van verkeerd!
D
Want die moegoe in die wit
G
Hilux wag dan nie sy beurt
G
O, verkeer, o, verkeer,
C
jy sou my dryf na moord
D
Maar hier sit ek nou maar
G
en ploeter stadig voort
Tags: Easy chords, chords for, chords of a song, song lyrics by Leon-Ben Lamprecht
